NG KHNoord

Custom Apps SA

NG KHNoord

Lifestyle
  • 0.00
(0 投票)

無料インストール

500

アプリのインストール

Android 2.3.3+

最小バージョン

広告付き

広告

12.12.2016

リリース日

説明:

NG Kroonheuwel-Noord is 'n dinamiese gemeente waarby elkeen welkom is.
Ons roeping is om in God se familie Sy liefde vir die wêreld uit te leef en uit te dra.

Ons dien die Here met ons hele lewe en op elke terrein van ons lewens, maar daar is ook spesiale geleenthede waar ons dit saam doen:

Eredienste: @ 09:00
(Kleuterkerk vir al die voorskoolse outjies terwyl die erediens aan die gang is, in die dubbelkamer)
Kategese @ 10:00
Jeugdiens (Laerskool) @ 16:00
Jeugdiens (Hoërskool) @ 18:00

Daar is altyd vars en goeie koffie voor en na die erediens beskikbaar en jy kan selfs espresso of cappuccino vir jou bestel.

Ons eredienste is gemaklik en informeel en sang vind plaas saam met 'n aanbiddingsspan en enkele instrumente.

Ons het tientalle bedieninge waarby jy kan inskakel (sien bedieninge ikoon). Ons droom is om 100 mense te hê wat elkeen een ding doen - en nie een mens wat 100 goed moet doen nie - by wyse van spreke. Jy kan selfs op die bediening bladsy registeer indien jy iewers betrokke wil raak.

Ons het nie meer die tradisionele wyke stelsel waarin 'n diaken en/of ouderling werksaam is nie. Ons funksioneer met 'n verkleinde kerkraad wat vir die geestelike leiding en rigting van die gemeente verantwoordelik is en 'n wyksleier in elke wyk wat vir die skakeling tussen die wyk en die kantoor, die kerkraad en leraars verantwoordelik is.

Ons glo dat die Bybel nêrens melding maak dat jou dankoffer by jou gehaal moet word nie, maar dat die Bybel vol tekste is dat dit jou verantwoordelikheid is om jou dankoffer te BRING. Daarom word daar nie dankoffers in die wyke opgeneem nie (behalwe by hulle wat vanweë siekte en ouderdom nie meer in die eredienste kan kom nie).

Custom Apps SA 他のアプリ

Farmmetric

Farmmetric

Custom Apps SA
  • 0.00
Namibia

Namibia

Custom Apps SA
  • 3.33
EC Security News

EC Security News

Custom Apps SA
  • 0.00
Kerk-in-Suid

Kerk-in-Suid

Custom Apps SA
  • 0.00
SA Doctors App

SA Doctors App

Custom Apps SA
  • 0.00
MYSANTS

MYSANTS

Custom Apps SA
  • 0.00
Ballito Buzz

Ballito Buzz

Custom Apps SA
  • 0.00
ksm

ksm

Custom Apps SA
  • 0.00
MyAutoCare

MyAutoCare

Custom Apps SA
  • 0.00
NG KHNoord

NG KHNoord

Custom Apps SA
  • 0.00
ダウンロード